'Aantal' faktore hoe Christene na homoseksualiteit kyk

PhilipdT / Philip_dT / www.truthexposed.co.za:

 

''Daar is 'n aantal faktore wat 'n rol speel in die manier hoe vandag se Christen na homoseksualiteit kyk:''

 

1. Aantal faktore? Jy lys slegs twee faktore. Is dit twee of is dit aantal? Aantal klink na baie, né?

2. Waar kom jy aan jou twee faktore? Het jy navorsing gedoen?

3. Wie is die 'vandag se Christen waarvan jy praat'? Katolieke? Protestante? Ortodokse? Mormoons? Sionistiese? Evangelistiese? Charismatiese? Nuwe Hervormer? Kyk almal dieselfde daarna? Praat jy namens almal?

 

''1. Sosiale faktore:

1.1. Die sosiale posisie van die "gay" persoon in die geskiedenis tot en met vandag.

1.2. Die wetenskaplike navorsing oor seksualiteit.

2. Die Bybel:

2.1. Wat die Bybel sê oor homoseksualiteit

2.2. Hoe mens die Bybelse waardes toepas in vandag se konteks.''

 

1. Waar kom jy aan hierdie raamwerkie? Is geskiedenis, wetenskap en die Bybel die enigste faktore? Wat van die wet? Wat van hoe 'n Christen ma of pa na hul gay kind kyk? Wat van persoonlike faktore soos afwykings wat homofobie en outoritêre persoonlikheid insluit? Het jy behoorlike navorsing gedoen, of het jy die raamwerkie uit jou duim gesuig?

2. Het jy werklik die ganse geskiedenis van gay mense gaan oplees, of het jy bloot 'n paar sinne uit 'n Amerikaanse traktaatjie oorvertaal?