Christene beleef krisis weens homoseksualiteit?

Philip dT / Philip du Toit / Philip_dT / PhilipdT op www.truthexposed.co.za skryf:


"Dit is veral punte 2.1. en 2.2. waaroor daar hewige meningsverskil is onder Christene.

Vervolgens gaan kortliks gekyk word na die hooftrekke van die beskikbare informasie rakende die onderwerp, en veral gekonsentreer word op punte 2.1 en 2.2. Al hierdie faktore speel 'n rol in die krisis hieroor waarin so baie kerke en gelowiges hulleself bevind."


1. Jy besef daar is ʼn menigsverskil tussen die 30,000 verskillende groeperinge Christene, en tog ignoreer jy ALS wat ander Christene sê wat nie met jou saamstem nie.
2. Hooftrekke? Philip, wat bekwaam jou om te besluit wat die hooftrekke is? Het jy navorsing gedoen en som jy dit op? Is jy gay dat jy uit ondervinding praat? Wat weet jy?
3. Jy praat van beskikbare inligting. Dit is ʼn leuen. Jy het jou traaktaatjie amper net so uit ʼn ander traktaatjie vertaal. Dit is nie die beskikbare inligting nie. Die beskikbare inligting is in die akademiese biblioteek en op die databasisse van ewekniegeëvauleerde artikels wat in geakkrediteerde joernale en tydskrifte verskyn het.
4. Krisis? Is daar ander belangriker krisisse waarin die Kerk hom bevind? Hoekomm hamer jy alewig op homoseksualiteit?
5. Bevind gelowiges hulself in 'n krisis oor homoseksualiteit, of is dit jy wat jou probleem op ander projekteer?