Christene beleef krisis weens homoseksualiteit?
www.truthexposed.co.za sê: "1. Sosiale faktore 1.1. Die sosiale posisie van die "gay" persoon in die geskiedenis tot en met vandag. Hoewel homoseksualiteit ʼn algemene verskynsel was in alle kulture oor alle eeue heen, was dit in die meeste monoteïstiese godsdienste as taboe beskou. Homoseksualiteit is as ʼn randverskynsel gesien. Hierdie mense was dikwels sterk ge-etiketteer en was nie sosiaal aanvaar nie. Daar is dikwels vyandig en selfs wreed teenoor hulle opgetree." 1. Net so is monoteïstiese godsdienste randverskynsels gewees. Hoekom gee jy nie die volle historiese konteks nie?
2. Strominge in Hindoëisme sluit monoteïsme is. Lees Rig Veda 1.164.46. Die Rig Veda dateer terug na 1,500 jaar voor Christus. Die Rig Veda en antieke beeldhouwerk toon ondermeer seksuele dade tussen vroue as ʼn simbool vir vrugbaarheid.
3. Waar kom jy aan jou absolute stelling dat monoteïstiese godsdienste dit as taboe beskou het?
4. Oor die vyandigheid wil ek weet hoekom jy dit steeds voortsit?