Die Christen se verstaan van die Bybel en die samelewing
PhilipdT / Philip_dT / www.truthexposed.co.za:
''Dis is om hierdie rede dat die onderwerp van homoseksualiteit dikwels ongemaklikheid meebring by meer as een aspek van die Christen se verstaan van die Bybel asook van sy verstaan van die samelewing en kulturele waardes waarin hy homself bevind.''
- Christene moet kant kies en dit bring ongemaklikheid mee? Hoe weet jy almal is ongemaklik hiermee? Projekteer jy jou ongemaklikheid?
- Wat is die 'meer as een aspek' waarvan jy praat? Jy verwys nêrens in jou artikel weer hierna nie? Is jy besig om spasie vol te maak?
- Kom ons breek jou lomp sin op. Ons kry:
a) ''Dis is om hierdie rede dat die onderwerp van homoseksualiteit dikwels ongemaklikheid meebring by meer as een aspek van die Christen se verstaan van die Bybel''.
EN
b) Dis is om hierdie rede dat die onderwerp van homoseksualiteit dikwels ongemaklikheid meebring van sy verstaan van die samelewing en kulturele waardes waarin hy homself bevind.
Op a) Weereens herinner ek jou daaraan dat daar 30,000 plus verskillende Christelike groeperinge is. Namens watter een praat jy as jy van die verstaan van die Bybel praat?
Op b) Jou sin is lomp.
Van watter samelewing praat jy en van wie se kulturele waardes verwys jy? Verder af in die artikel heul jy met lidmate van die The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints (Mormoonse Kerk). Verwys jy na hulle waardes? Verwys jy na jou eie waardes wat net jy deur jou eie hermeneutiese bril regverdig?
Hoe bevind mense hulself in waardes?
Soos ons vorder sal ek aan jou uitwys; jy is 'n meester met woordeslaaie, gorrel en verbale diarree. Wat jy skryf 'klink reg' op die ongeoefende oor, maar beteken nie veel nie.