notruthexposed's posterous http://notruthexposed.posterous.com Most recent posts at notruthexposed's posterous posterous.com Wed, 11 Aug 2010 23:27:43 -0700 Christene beleef krisis weens homoseksualiteit? http://notruthexposed.posterous.com/christene-beleef-krisis-weens-homoseksualitei-0 http://notruthexposed.posterous.com/christene-beleef-krisis-weens-homoseksualitei-0 www.truthexposed.co.za sê:

"1. Sosiale faktore

1.1. Die sosiale posisie van die "gay" persoon in die geskiedenis tot en met vandag.

Hoewel homoseksualiteit ʼn algemene verskynsel was in alle kulture oor alle eeue heen, was dit in die meeste monoteïstiese godsdienste as taboe beskou. Homoseksualiteit is as ʼn randverskynsel gesien. Hierdie mense was dikwels sterk ge-etiketteer en was nie sosiaal aanvaar nie. Daar is dikwels vyandig en selfs wreed teenoor hulle opgetree."

1. Net so is monoteïstiese godsdienste randverskynsels gewees. Hoekom gee jy nie die volle historiese konteks nie?
2. Strominge in Hindoëisme sluit monoteïsme is. Lees Rig Veda 1.164.46. Die Rig Veda dateer terug na 1,500 jaar voor Christus. Die Rig Veda en antieke beeldhouwerk toon ondermeer seksuele dade tussen vroue as ʼn simbool vir vrugbaarheid.
3. Waar kom jy aan jou absolute stelling dat monoteïstiese godsdienste dit as taboe beskou het?
4. Oor die vyandigheid wil ek weet hoekom jy dit steeds voortsit?

Permalink | Leave a comment  »

]]>
http://files.posterous.com/user_profile_pics/676872/notruth.png http://posterous.com/users/4wKmc54XtC01 No Truth Exposed notruthexposed No Truth Exposed
Mon, 09 Aug 2010 23:16:17 -0700 Christene beleef krisis weens homoseksualiteit? http://notruthexposed.posterous.com/christene-beleef-krisis-weens-homoseksualitei http://notruthexposed.posterous.com/christene-beleef-krisis-weens-homoseksualitei Philip dT / Philip du Toit / Philip_dT / PhilipdT op www.truthexposed.co.za skryf:


"Dit is veral punte 2.1. en 2.2. waaroor daar hewige meningsverskil is onder Christene.

Vervolgens gaan kortliks gekyk word na die hooftrekke van die beskikbare informasie rakende die onderwerp, en veral gekonsentreer word op punte 2.1 en 2.2. Al hierdie faktore speel 'n rol in die krisis hieroor waarin so baie kerke en gelowiges hulleself bevind."


1. Jy besef daar is ʼn menigsverskil tussen die 30,000 verskillende groeperinge Christene, en tog ignoreer jy ALS wat ander Christene sê wat nie met jou saamstem nie.
2. Hooftrekke? Philip, wat bekwaam jou om te besluit wat die hooftrekke is? Het jy navorsing gedoen en som jy dit op? Is jy gay dat jy uit ondervinding praat? Wat weet jy?
3. Jy praat van beskikbare inligting. Dit is ʼn leuen. Jy het jou traaktaatjie amper net so uit ʼn ander traktaatjie vertaal. Dit is nie die beskikbare inligting nie. Die beskikbare inligting is in die akademiese biblioteek en op die databasisse van ewekniegeëvauleerde artikels wat in geakkrediteerde joernale en tydskrifte verskyn het.
4. Krisis? Is daar ander belangriker krisisse waarin die Kerk hom bevind? Hoekomm hamer jy alewig op homoseksualiteit?
5. Bevind gelowiges hulself in 'n krisis oor homoseksualiteit, of is dit jy wat jou probleem op ander projekteer?

Permalink | Leave a comment  »

]]>
http://files.posterous.com/user_profile_pics/676872/notruth.png http://posterous.com/users/4wKmc54XtC01 No Truth Exposed notruthexposed No Truth Exposed
Sun, 08 Aug 2010 05:36:00 -0700 'Aantal' faktore hoe Christene na homoseksualiteit kyk http://notruthexposed.posterous.com/aantal-faktore-hoe-christene-na-homoseksualit http://notruthexposed.posterous.com/aantal-faktore-hoe-christene-na-homoseksualit

PhilipdT / Philip_dT / www.truthexposed.co.za:

 

''Daar is 'n aantal faktore wat 'n rol speel in die manier hoe vandag se Christen na homoseksualiteit kyk:''

 

1. Aantal faktore? Jy lys slegs twee faktore. Is dit twee of is dit aantal? Aantal klink na baie, né?

2. Waar kom jy aan jou twee faktore? Het jy navorsing gedoen?

3. Wie is die 'vandag se Christen waarvan jy praat'? Katolieke? Protestante? Ortodokse? Mormoons? Sionistiese? Evangelistiese? Charismatiese? Nuwe Hervormer? Kyk almal dieselfde daarna? Praat jy namens almal?

 

''1. Sosiale faktore:

1.1. Die sosiale posisie van die "gay" persoon in die geskiedenis tot en met vandag.

1.2. Die wetenskaplike navorsing oor seksualiteit.

2. Die Bybel:

2.1. Wat die Bybel sê oor homoseksualiteit

2.2. Hoe mens die Bybelse waardes toepas in vandag se konteks.''

 

1. Waar kom jy aan hierdie raamwerkie? Is geskiedenis, wetenskap en die Bybel die enigste faktore? Wat van die wet? Wat van hoe 'n Christen ma of pa na hul gay kind kyk? Wat van persoonlike faktore soos afwykings wat homofobie en outoritêre persoonlikheid insluit? Het jy behoorlike navorsing gedoen, of het jy die raamwerkie uit jou duim gesuig?

2. Het jy werklik die ganse geskiedenis van gay mense gaan oplees, of het jy bloot 'n paar sinne uit 'n Amerikaanse traktaatjie oorvertaal?

Permalink | Leave a comment  »

]]>
http://files.posterous.com/user_profile_pics/676872/notruth.png http://posterous.com/users/4wKmc54XtC01 No Truth Exposed notruthexposed No Truth Exposed
Sun, 08 Aug 2010 01:40:00 -0700 Die Christen se verstaan van die Bybel en die samelewing http://notruthexposed.posterous.com/die-christen-se-verstaan-van-die-bybel-en-die http://notruthexposed.posterous.com/die-christen-se-verstaan-van-die-bybel-en-die

PhilipdT / Philip_dT / www.truthexposed.co.za:

 

''Dis is om hierdie rede dat die onderwerp van homoseksualiteit dikwels ongemaklikheid meebring by meer as een aspek van die Christen se verstaan van die Bybel asook van sy verstaan van die samelewing en kulturele waardes waarin hy homself bevind.''

  1. Christene moet kant kies en dit bring ongemaklikheid mee? Hoe weet jy almal is ongemaklik hiermee? Projekteer jy jou ongemaklikheid?
  2. Wat is die 'meer as een aspek' waarvan jy praat? Jy verwys nêrens in jou artikel weer hierna nie? Is jy besig om spasie vol te maak?
  3. Kom ons breek jou lomp sin op. Ons kry:

 


a) ''Dis is om hierdie rede dat die onderwerp van homoseksualiteit dikwels ongemaklikheid meebring by meer as een aspek van die Christen se verstaan van die Bybel''.

EN

b) Dis is om hierdie rede dat die onderwerp van homoseksualiteit dikwels ongemaklikheid meebring van sy verstaan van die samelewing en kulturele waardes waarin hy homself bevind.

 

Op a) Weereens herinner ek jou daaraan dat daar 30,000 plus verskillende Christelike groeperinge is. Namens watter een praat jy as jy van die verstaan van die Bybel praat?

Op b) Jou sin is lomp.

Van watter samelewing praat jy en van wie se kulturele waardes verwys jy? Verder af in die artikel heul jy met lidmate van die The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints (Mormoonse Kerk). Verwys jy na hulle waardes? Verwys jy na jou eie waardes wat net jy deur jou eie hermeneutiese bril regverdig? 

 

Hoe bevind mense hulself in waardes?

 

Soos ons vorder sal ek aan jou uitwys; jy is 'n meester met woordeslaaie, gorrel en verbale diarree. Wat jy skryf 'klink reg' op die ongeoefende oor, maar beteken nie veel nie.

Permalink | Leave a comment  »

]]>
http://files.posterous.com/user_profile_pics/676872/notruth.png http://posterous.com/users/4wKmc54XtC01 No Truth Exposed notruthexposed No Truth Exposed
Sat, 07 Aug 2010 11:09:53 -0700 Homoseksualiteit http://notruthexposed.posterous.com/homoseksualiteit http://notruthexposed.posterous.com/homoseksualiteit Philip dT op www.truthexposed.co.za skryf:


''Die onderwerp van homoseksualiteit is vandag een van die mees kontroversiële onderwerpe onder Christene. Dit is 'n onderwerp wat jou dwing om kant te kies vir sekere belangrike Christelike sake.''

1. Omstrede onderwerpe onder wátter Christene? Daar is 30,000 plus verskillende groeperings. Nie almal is gepla oor homoseksualiteit nie. Projekteer jy jou eie vooroordeel op die ganse Christendom?
2. Wat van biseksualiteit, poliseksualiteit, aseksualiteit? Daar is nog.
3. Wat se belangrike Christelike sake? Jy noem dit nêrens in jou artikel nie?
4. Jy is besig met 'n emosionele aanspraak as jy praat van 'kant kies' en 'belangrike sake'. Hou liewers by die feite.

Permalink | Leave a comment  »

]]>
http://files.posterous.com/user_profile_pics/676872/notruth.png http://posterous.com/users/4wKmc54XtC01 No Truth Exposed notruthexposed No Truth Exposed
Sat, 07 Aug 2010 08:39:39 -0700 TruthExposed.co.za word ontbloot http://notruthexposed.posterous.com/truthexposedcoza-word-ontbloot http://notruthexposed.posterous.com/truthexposedcoza-word-ontbloot Philip dT bedryf 'n eenmanwebwerf genaamd www.truthexposed.co.za.

Hy het teologie gestudeer en reken dit kwalifiseer hom om uitsprake te maak op die gebiede van astronomie, geologie, biologie, sosiologie en 'n rits ander. Nie net is Philip 'n jongaarde kreasionis nie (wat nie geweet het die maan beweeg in 'n eliptiese baan nie), maar ook 'n verbete gay hater. Hy het ongeveer vyf jaar gelede 'n artikel (niks meer as 'n anti-gay traktaatjie) geskryf. Ek gaan reël vir reël op die artikel antwoord. Die oorspronklike draad was op KletsKerk.

Philip dT : http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_wrapper&Itemid=24
KletsKerk : http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?f=1&t=11436

Permalink | Leave a comment  »

]]>
http://files.posterous.com/user_profile_pics/676872/notruth.png http://posterous.com/users/4wKmc54XtC01 No Truth Exposed notruthexposed No Truth Exposed