TruthExposed.co.za word ontbloot

Philip dT bedryf 'n eenmanwebwerf genaamd www.truthexposed.co.za.

Hy het teologie gestudeer en reken dit kwalifiseer hom om uitsprake te maak op die gebiede van astronomie, geologie, biologie, sosiologie en 'n rits ander. Nie net is Philip 'n jongaarde kreasionis nie (wat nie geweet het die maan beweeg in 'n eliptiese baan nie), maar ook 'n verbete gay hater. Hy het ongeveer vyf jaar gelede 'n artikel (niks meer as 'n anti-gay traktaatjie) geskryf. Ek gaan reël vir reël op die artikel antwoord. Die oorspronklike draad was op KletsKerk.

Philip dT : http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_wrapper&Itemid=24
KletsKerk : http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?f=1&t=11436